Zingela

Soos die son sak oor die bergtop en alles tot ruste kom.
Dwaal my siel terug na die dag.
Weereens staan ek verwonderd voor U wonderdade.
Elke dier het U uniek geskape vir sy doel.
Die vlinder wat fladder van blom tot blom.
Die jakkels wat ronddraf opsoek na iets te ete.
Die meerkat wat beskermend oor sy familie waak.
Die bokkies, elk met sy kenmerkende drafstap.
En vannaand, na hul dag se dwaal in die veld,
kom soek elkeen sy lêplekkie om te rus.
Heer, U het ons as mens aangestel om na die natuur om te sien. En soms kry my hart so seer as ek oplet na die wanbestuur.
Dankie dat daar nog mense is wat ons weer kan kom leer van die natuur. Heer, in die natuur jag die diere om te oorleef.
Maar die mensekind maak jag op onskuldige mense.
Moor mekaar uit vir niks en geen rede.
Heer, my siel keer terug tot stilte soos die son sak.
Ek dink weer aan U liefde vir my.
Hier in die stilte van die natuur word mens en dier weer gelyk. Weereens bring U wonderdade my tot stilstand.
Weg van die stad se jaag na wind.
Weg van die mens se geweld.
Net die rustigheid van die sagte nag geluide.
En nog ‘n dag het U aan ons gebring, gevul met geleenthede. Nog ‘n dag het U ons weer kom wys net hoe klein ons is.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply