Zak en vriend

Zak en sy vriend

Heer, veels te gou is hierdie mense opgeneem deur U Engele.
Aan skerwe, soos die glasstukke op die teerpad, is ons gedagtes oop gestrooi. Soos die skreeu van rubber op teer, skreeu ons gemoed vir ‘n antwoord. Heer, onverstaanbaar gaan die gedagtes, soos papiere in die wind gestrooi. Alleen moet hul mense nou agterbly.
Alleen met niks, net gedagtes van dit wat hulle nog wou.
Al wat oorbly is gedagtes van onthou.
Heer………
Verstaan sal ons sekerlik nie kan nie.
Aanvaar sal moeilik wees om te doen.
Berusting sal net van U alleen kan kom.
Heer……….
Waarom sal iemand wat soveel goud werd is, deur U weggeruk word ? Heer, ek bid vir die wat moes agter bly.
Omvou hulle met U genade.
Heer, laat hulle toevlug en skuiling by U kom soek.
U is die gewer van lewe en U bepaal die einde.
Gee asseblief verligting van die ongelooflike seer wat wag.
Vul hul gemoed waar daardie oop gat nou is.
Heer, U alleen sal die ware rede weet.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply