Woud

Oopgekloof deur swart lawa.
Bome geskei van mekaar.
Waaiend vir die vele gesigte wat bewonderend na jou naaktheid staar. Onbewus van jou eeue se struggle. Slegs ‘n handjievol van jou woud bewoners het oorgebly.
Miere van ‘n ander soort jaag jou bulte uit.
Elkeen met hul eie kommer en gedagtes.
Die mis steek jou trane weg.
Stukke van jou hange lĂȘ oopgekloof.
Die bruin en rooi vermeng met groen mos wat jou weer stadig heel. Die sterre blink en skitter ver bo jou blaredak.
Die maan verlig jou stuk-stuk.
Die son brand kolle op jou hange.
En jy staan maar hier.
Wagtend op die dag wat jou bome weer jou voetpaaie kan verberg.

Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply