Woordeloos

Woordeloos staan ek voor God vanaand.
Maar my gedagtes ken Hy goed.
Ek wil bid dat jou hartseer in wolke sal verdwyn as re├źn.
Ek wil jou teen my vashou sodat jy kan onthou hoe liefde voel. Ek wil in jou oor kom fluister sodat jy weer liefdeswoorde kan onthou. My geliefde vriend, ek wil jou stut wees wanneer jy struikel. Net vir ‘n oomblik wil ek in stilte by jou sit en luister.
Vanaand is ek stil voor God want Hy weet die beste.
Vir nou kan ek maar woorde op papier skryf.
Dalk sal dit ook maar net in nag weg dryf.
Maar vanaand bid ek vir jou want jy is spesiaal vir my.
Vir nou vou ek jou toe in gebede.
Want dis al wat ek jou kan gee.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply