Woorde

Onverwags borrel die woorde oor my lippe.
My vingers skarrel oor die letters om by te hou.
My gedagtes gryp na elke letter wat verby strompel en stamp. Die nuus is so groot en wonderlik om te deel.
Ek wil dit van die bergtop uitbesein.
Die voëls sal dit deur die bome dra en vir die jagluiperd gee. Die wind gaan dit onderskep om weer hoog die hemel in te dra. Die wolke sal dit sag toebind tot by jou en oor jou uitreën. Die Here sal jou hart versag om Sy seëninge vir jou te bewaarheid. So heerlik om te weet dat Jesus alles kom verander het.
Dis sulke verfrissende woorde wat Jesus vir ons kom deel het. Wees dankbaar en bly want Jesus is ons Redder en vriend.
Jubel oor Sy liefde vir jou.
Wees verseker en staan vas in jou geloof.
Wees gereed want die tyd is min.
Volhard in die gebed want geneesing vir jou siel is oppad.
Wees bly en juig.
Verkondig jou blydskap aan die wêreld.
Gebruik jou talente ten volle.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. AaHh dis di mooiste diep woorde. Wat ek vanoggend nodig gehad het. Voel absoluut hoe di Heilige Gees my aanraak deur hierdie wonderlike woorde. So baie dankie vi di voorreg dat ons dit mag lees. Baie sterkte, geluk en sukses met di blad van jou. Jesus Liefde, Meisie

Leave a Reply