Woorde

Ek wil die woorde skryf wat jy nie het nie. Woorde wat jou sal omvou en donker weg hou. Ek wil die woorde sing van ‘n lied wat jou siel sal deurboor. Jy, met die verlange in oë, wat al so baie seer gesien het. Jy, met die super glimlag, wat jou eie pyn vir die wêreld verberg. Op die ritme van die nag wind, wil ek jou aan die slaap sing. Ek wil vir jou die woorde gee wat jou kan dra wanneer jy ver is. Jy, my liefling, met die groot drome. Vir jou wil ek bid totdat jy weer veilig is. Vir jou wil ek leef en alles gee. Met sagte woorde wil ek die klippe in jou pad stukkend breek. Met liefde wil ek die koue nagte warmer maak. Met sagte aanraking wil ek saam jou die hoogtes uitdraf. Mag my woorde jou siel binnedring. Mag my lied deur jou gedagtes maal en jou laat glimlag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply