Woorde

As ek kon weet watter woorde jou siel aanraak het ek dit vir jou gesê; sou dit aan my bekend wees watter lied jou voete laat tik het ek dit gesing, my hande jeuk om jou styf teen my vas te druk.
My glimlag is soos die strale van die maan wat deur die wolke vir jou loer. Jou weg is onbekend aan my en vir hoe lank ons nog saam deur hierdie bos gaan stap… Dit weet ek nie.
Ek wil die horlosie stop sodat ons vir altyd hier tussen die varings kan speel. Ek wil nie dink aan die dag wanneer die son weer ons ons gaan skyn en ons paaie gaan skei nie.
Ek wil nie weet wanneer die sekonde gaan aanbreek wanneer jou hand uit myne los gemaak word nie. Ek wil net jou glimlag onthou;
die glinster in jou oë,
die emosie in jou stem.
Ek wil die klank van jou voetval langs myne onthou.
Jou lag wat deur die digte blare dak trippel van boom tot boom. Ek wil jou lippe op myne onthou.
Jou asemhaling in my nel voel brand.
Ek wil nie weg wees van jou.
Maar tyd is maar net vir ons geleen,
en die afskeid…
Ek wil nie huil nie, want trane sal jou beeld verdof vir ‘n sekonde, en dis te lank om jou nie te kan sien.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply