Woorde

In my gedagtes maal die woorde.
Ek hoor dit weer en weer en weer.
Maar hulle kruip weg as jy nader kom.
Skaam staan die sinnetjies eenkant toe.
‘Ek het jou lief’ is die eerste een wat weghol.
Loer net vinnig vir oulaas om.
Dan kom die lomp en dom woorde nader.
Hulle is mos algemeen.
Net soos die somer reën.
‘Wens ek kon jou styf vashou’,
Stamp aan die ander dom goed. Sodat dit sommer by mond uitval. Ai, dan gee ek maar net ‘n verleë laggie.
My kop staan stil.
Die woorde droog op.
Eers wanneer jy die foon neersit,
Dan kom ‘Ek het jou lief’ uitgedraf.
Maar dan is dit te laat.
Jy’s reeds weg.
En probeer nog verstaan wat my simpel woorde beteken.
Die enigste rede waarom ek jou wou bel, was maar om te sê:
Ek het jou lief.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply