Wonderwerker

U is ons Wonderwerker.
Altyd besig om ons sake te reël.
My antwoord bly dieselfde wanneer iemand my sou vra,
ek aanbid die lewende God wat my altyd dra.
Geen mens kan U handewerke namaak.
Die see met als daarin of die berge met als daarop.
Alles het U mooi gemaak, als werk saam in die natuur.
Maar vir die mens het U spesiaal geskape.
Aan die mens het U Uself openbaar.
Heer, help ons om U liefde te laat uitstraal.
Help ons om U in alles te raadpleeg.
Leer ons geduld om op U antwoord te wag.
Heer al die lof en eer kom U toe.
U is my Wonderwerker.
U is my rots en veilige vesting.
Heer, ek verdien dit nie, maar U sorg altyd vir my.
Heer, dankie vir U liefde ook vir my.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply