Wolwe dans in die skemer

Die son se strale raak al hoe flouer.
Ek loer skrikerig oor my kaal skouer.
Die gil kleef aan my hele wese vas.
Hoeveel geraamtes nog in die kas ?
Wie gaan dit die keer wees ?
Die hadida se skree klink skielik oud en hees.
Flitse van onthou dryf my voort.
Aan wie gaan die naam ‘moordenaar’ hoort.
Net so koud soos die swembad se water,
loop die sweet oor my voorkop, oor later.
Hoeveel gaan ek nog onthou ?
Ek voel die pyn, die berou.
Wolwe dans in die skemer.
Wanneer gaan ek myself aan die waarheid uit lewer ?

Posted in Gedigte.

Leave a Reply