Wipplank

Jy is my wipplank.
Verstaan jy nie wat jou emosies aan my doen nie ?
Verstaan jy nie dat jou pyn my laat huil nie ?
Moet my nie eenkant op die kantlyn skuif nie.
Gooi soms jou stryd na my toe sodat jy ‘n oomblik kan rus.
Ek wil nie op die kantlyn staan nie.
Ek wil nie my rug op jou draai nie.
Ek sal nooit ophou bid vir jou.
En verseker sal ek jou nooit vergeet.
Verstaan waarom jy my wil uitsluit, kan ek nie.
Maar ek sal probeer.
Jou naam is in my siel geblaas en het versteen.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply