Wie kom saam ?

Wie kom saam ?

Vêr bo die berg se rand hoor jy die visarend roep.

Onder in die laagtes staan die meerkatte, groep-groep.

Die son loer oor die randte en vra : “Wie kom saam ?”

Die luiperd lê rustig in die tak se mik, en sê “Ek wil saam”

In ‘n oomblik van ongeloof omvou die bergtoppe jou siel.

Alleen tussen God se skepping staan jy afgestroop van alles.

Die grootsheid van die Heer se kunswerke….

Dit het geen gelyke of perke.

Die woestyn het sy eie alleenheid en tog is God ook daar.

In die weerkaatsing van die helder waterstroom,

Dis waar jy God se grootste kunswerk gewaar.

Die berg se rante, soos God se hande wat jou gesig omsoom.

In die stilte van die natuur se roep in die vroeg oggend hoor jy God se stem.

In die vlaktes van die groot Karoo voel jy die rustigheid van die lewe aan jou rem.

Die skeure in die Meirngspoortpas sal jou siel omvou

En elke seerkry se mooi laat onthou

Wie kom saam op ‘n toer van jou eie lewe

Kom vind rus en vind uit waarna jy regtig moet strewe.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply