Wees tog nie bevrees

Wees tog nie bevrees My geliefde kind
ander verstaan nie jou pyn en seer
maar Ek, jou God, sien veel dieper.
Die koue wat jou hande laat pyn
die verwyt in hulle oë
die kommer oor waar jy môre aand gaan slaap
Ek kan dit alles vir jou verander, as jy My net binne laat.
Weereens kom klop Ek aan jou deur
weereens gee Ek jou die kans om tot My te nader
Luister na My voetval want Ek dra jou reeds
luister na My stem op die fluisterwind want Ek roep jou naam Kom drink van die fontein want My water versterk jou van binne Kom na My toe
Ek wag vir jou

Posted in Gedigte.

Leave a Reply