Wees nie bevrees nie

Terwyl jy rondskarrel opsoek na die regte oomblik om met My te praat,
het Ek reeds gesien hoe die trane op jou wang blink.
Al dink jy dat jy nie My liefde verdien nie,
hou Ek jou steeds elke nag vas.
Al is jy verblind deur die seer wat jou oë al moes sien,
wil Ek jou lei na waar jy rustig kan wees.
Al voel jou siel oorlaai van opgekropte woede,
laat Ek jou stilte wees.
Gee toe aan My liefde vir jou.
Word stil sodat Ek jou kan heel.
Raak rustig en luister na My stem.
Vertrou op die planne wat Ek vir jou het.
Let op na die tekens wat Ek vir jou sal gee.
Kyk na die mense wat jou nodig het.
Wees nie bevrees My geliefde kind.
Ek hoor jou snikke deur die middernag.
Weet dat jy Myne is.
En Ek sal na jou omsien.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply