Wees my Valentyn

Elke dag stap ek verby jou.
Loer so onderlangs vol opwinding.
Dit help nie ek sê iets nie, die woorde wil nie reg uitkom nie. Ek wonder of jy my hartklop kan hoor. Waarskynlik nie, jy lag en gesels met jou maats.
Ek wens ek kon net liggies aan jou raak.
Sjoe, jy’t sowaar in my rigting gekyk.
My hele gesig word sommer rooi.
Jou glimlag is so mooi.
ek sal ‘n enkele roos op jou tas neersit.
Naby genoeg staan dat ek sien hoe jou oë ophelder van verwondering. Al weet jy nie van my bestaan.
Al ken jy waarskynlik nie eens my naam.
Ek is mal oor jou.
Jy is my valentyn.
Ek is lief vir jou.
Al is ek te skaam om by jou te staan.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply