Wees lief vir mekaar

Wees lief vir mekaar, want Ek het julle bymekaar gebring.
Aanvaar mekaar se swakhede, want Ek het julle so geskape.
Fokus op die mooi en goed in jou metgesel,
want dis waarom Ek julle vir mekaar geskape het.
Daar sal moeilike tye wees, daar sal goeie tye wees.
Mans, Ek het julle sterk gemaak, om jou vrou te beskerm.
Nie om haar aan te rand omdat jy so voel nie.
Vrou Ek het jou sag en mooi gemaak.
Gebruik dit om jou man te bekoor.
Man Ek het dit goed gedink om jou die hoof van die huis te maak. Maar jou vrou is nie jou slaaf.
Aanvaar mekaar in liefde en staan mekaar by.
Bou jul fondament in jul geloof in My.
Wees lief vir My en Ek sal julle onderhou.
Vra in die geloof en Ek sal voorsien.
Bring jul kinders na My toe.
Leer hulle die grondslag wat Ek julle leer.
Maak hulle groot na die beste van jou vermoeƫ.
Man, vrou, vul mekaar aan en dra mekaar.
Werk saam as n span en oorwin die bose.
Gaan nou en wees geseƫnd in jul lewe saam.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply