Wat sien jy ?

Soms wanneer jy verby die spieël loop
is daar ‘n vreemdeling, sonder hoop.
Soms as jy vir ‘n oomblik stil staan,
wat is die gedagtes wat deur jou gaan ?
Sien jy ook die sterk persoon ?
Voel jy ook die Koning wat in jou woon ?
Wat sien jy as jy in jou eie oë kyk ?
Glimlag vir daardie persoon en sien die donderwolke wyk.
Daar sal altyd iemand wees wat die goed in jou sien.
Daar sal altyd iemand wees wat jou liefde verdien.
Dit maak nie saak wat jy sien in jouself,
want Jesus het reeds jou hand geneem.
Dit maak nie saak wat jy met jou woorde meen.
Want Jesus het lankal in jou hart gedelf.
Dit maak nie saak wat jy dink van ander,
neem Jesus aan as jou saligmaker en sien hoe jy verander.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply