wat ‘n voorreg

Wat ‘n voorreg

Wat ‘n voorreg om te besef hoe gelukkig mens is om die Here te ken

Wat ‘n voorreg om te besef jy is regtig op die pad om te wen

Leef soos iemand wat niks het om te verloor

Hoor in tye van nood jou eie Engelekoor

Wees net mens en geniet elke oomblik wat jy kry

Want geen pyn sal vir Ewig bly

Besef dat dit wat jy het, as kind van God, kan geen geld koop

Besef ook jy is met Jesus’ Bloed gedoop

Gee elke dag alles wat jy het, want more kry jy nuwe krag

Geniet die blomme en voëls, dis deel van God’s prag

Moenie jou blind staar teen jou probleme en dit groter maak

Staan terug en laat Jesus toe om jou saggies aan te raak

Haal diep asem en stop net vir ‘n oomblik

Die Here is altyd by jou en besig om jou pad aan te pas

Moenie dat die woede en seer jou laat verstik

Die Heilige Gees staan reg om jou te help dra aan die las

Moenie dat jou woede en pyn jou God se genade misgun

Hy is nog steeds daar en beskerm jou steeds net soos in die begin

Sien die wonderwerke, om jou rond elke dag

En ervaar die Here se werke in jou lewe, ook deur die nag

So baie dinge word ons weerhou om ons te beskerm teen gevaar

Die bewys van die Engele wat ons met liefde bewaar

Onthou dis ‘n voorreg om die Here te dien

Al het Hy ons lankal reeds raak gesien

Onthou Hy gee jou die keuse om Hom te volg elke dag

En elke dag is Hy die Een wat ‘n tree voor jou staan en wag

Hernu vandag weer jou liefde vir Hom

En die resultate sal jou verstom

AMANDA BOUCHER

Posted in Gedigte.

Leave a Reply