Warrelend

Warrelend soos die somerwind waai U liefde teen ons vas
U woord bring saad vir ons gemoed
soms sal ons die woorde koester en dit vir ander oordra
maar soms is ons harte opstandig en wil ons nie luister
U is altyd teenwoordig in ons omstandighede
soms staan U terug en wag dat ons na U vra
soms stoot U ons van agter soos ‘n sterk wind om ons verby die situasie te kry maar altyd warrel U genade om ons
altyd, Heer, is U naby met raad en bystand
bring reën oor ons dorre woestynland
lê ‘n mosmat vir ons voete uit
Heer, U is my wilgerboom langs die oewer
U is my rotsvesting in hoë bergtoppe
sonder U liefde is ek maar net ‘n uitgedroogde blaar wat op die dorre aarde lê en vergaan Dankie Jesus vir U kruisdood wat my laat lewe
dankie Jesus vir U opstanding want nou kan ek jeubel en dans Heer, dankie dat U omgee oor my

Posted in Gedigte.

Leave a Reply