Warboel

Warboel

Heer, ons gedagtes is ‘n warboel van emosie
So baie wat ons nie kan verstaan nie
Die eindtyd is op ons drumpel
En die belangrike dinge in ons lewe lyk skielik simpel
Want niemand doen dit meer so
Heer, bring ons terug na U
Laat die klein dingetjies weer belangrik wees
Laat ons weer die goeie in ander se dade lees
Heer, laat ons weer besef dat U die Weg is
Heer, laat ons weer U hulp vra wanneer dit nodig is
Heer, skielik kom die moorde so naby ons huis staan
Dis ‘n deel van doodgaan wat ons sukkel om te verstaan
U weet dat dit baie moeilik is om te aanvaar
Dat iemand wat ons lief het op so manier die niet in staar
Heer, beskerm ons elkeen in U liefde en almag
Gee dat U wil weer al is waarna ons smag
Heer, hou man en vrou weer bymekaar
Gee dat elkeen weer onthou waarom het hy die ander se liefde aanvaar Heer, alles kom maar weer terug na U
Want sodra ons weer probeer om alleen te stu
Dat ons hard teen die rotse stamp en verlate op die strand uitspoel Maar U kom tel ons op want U het vir ons ‘n spesiale doel
Heer, ons kan maar net weer bid vir mekaar
Stuur vir ons die hulp voor ons weer magteloos na mekaar staar

Posted in Gedigte.

Leave a Reply