Wanneer siel en vlees een word

Soms, in ‘n leeftyd gebeur die onvermydelike.
Siel en vlees word een.
Dis soos sonskyn na die donderweer.
‘N hunkerende siel wat beloning ontvang.
‘N lied wat sluimerend wag om gesing te word.
‘N vasgekeerde siel met kettings vasgebind.
Die bevryding van ‘n eensame siel wat sy maat ontdek.
Wanneer siel en vlees ontmoet verskiet ‘n ster in die hemel. Wanneer ‘n siel opgesluit word is die helder sonskyndag ook donker. Wanneer ‘n verwerpte siel tot sy reg kom,
voel dit soos koue verfrissende berg water op jou moeë voete. Waar siel en vlees ontmoet daar kry jy ‘n vulkaan.
‘N warm stroom van liefde wat van diep binne opborrel.
‘N helder reënboog wat teen die donker horison verskyn.
Wanneer siel en vlees een word.
‘N lovesong.
‘N paradys.
‘N sonsondergang.
‘N slotsom.
Wanneer siel en vlees een word.
Word die mens vervolmaak.
Dan het die mens sy doel bereik.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply