Vrye siel

My oë is toe.
Die kettings van my siel gebreek.
Niks kan my hier hinder.
My siel is vry.
Afwagtend.
Vir Sy stem in die ritsellende blare.
Afwagtend.
Vir Sy aanraking op die wind.
Afwagtend.
My siel vir Sy opdrag aan my.
Afwagtend.
Vir Sy Almagtige teenwoordigheid in die stilte om my.
Onbewus van my swakhede.
Bewus van Sy invloed in my lewe.
Onbewus van my eie te kortkome.
Bewus van Sy wonderdade.
My siel is vry in Sy teenwoordigheid.
My voete voel die koel bosvloer.
En my siel weet sy’s vry.
Vry van dit wat my terug hou.
Vry van dit wat my aftrek.
Vry.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply