Vry

Wees vry soos ‘n lugballon in wind.
Vêr bo dit wat jou kan onder kry.
Moenie bly vaskyk in dit wat jou kan verblind.
Wees van alle sorge bevry, jy is vry.
Haal ‘n slag diep asem en weet Ek is by jou.
Styg uit bo jou hartseer en pyn.
Ek het jou lankal vergewe.
Staan vas in My liefde en trou.
Glimlag en sien hoe die donker verdwyn.
Plaas jou vertroue in My en word bo als verhewe.
Styf teen My boesem wil Ek jou druk.
Uit My hand kan geen mens jou ruk.
Jy is vry My kind, jy is vry.
Loof en prys en sing, want jy is vry.
Voel die ligte bries op die wind want jy is vry verklaar.
Al wat jy moet doen is glo en aanvaar.
Kyk om jou rond want Ek maak alles nuut.
Vee af jou trane en vergeet jou verdriet.
Jy is vry verklaar My kind.
Sprei jou vlerke op die wind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply