Vry

Hoog bo alles verwyder laat U my sweef
weg uit my omstandighede, Heer, laat U my leef
Dankbaar raak ek voor U stil in onmoontlike tye
Deur stormwind, Heer, bring U my ongesiens by my eindbestemming.
Deur nou verneder te word deur ‘n onkundige persoon leer ek om ander te respekteer. Deur nou in donkerte my reis voort te sit
waardeer ek weer more se sonskyn op my moeë lyf.
Nes die saadjie vertrou op die wind om hom op sagte, vrugbare grond neer te lê, so, my diebare Vader, vertrou ek op U guns oor my.
Laat my soos die voëls op U vertrou in stormweer.
Laat my more weer opstaan met ‘n loflied en dankbaarheid in my hart. Heer, laat my dankbaar volg waar U my ookal neem.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply