Vroeg oggend lofsang

Vroeg oggend, wanneer die voƫls hul lofsang sing, juig my siel. My God het waarlik opgestaan.
Sy goedheid en guns volg my deur die dag.
My gemoed is vol vreugde.
Heer, my danklied is maar wankelrig teen die sang van die eikebome. My woorde is maar gering teen die donderslae van die wolke.
My trane van geluk is maar ‘n klein stroompie teen die magtige Missisipi. Maar U ken my as mens. U verstaan my loflied.
U verstaan my stilte.
Heer sonder U genade is ek niks.
My siel juig want U het waarlik opgestaan.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply