vreugde

Vreugde

Die glimlag op my lippe is vir jou bedoel
Jy is die rede waarom ek hier is, my doel
Dis jou arms om my lyf wat ek voel
Dis jou woorde wat in my gedagtes spoel
Jou oë op my liggaam wat van goedkeuring spreuk
Jou glimlag wat deur die moegheid breek
Jou aanraking laat ligte rillings deur my are vloei
Jou oë kyk diep in myne en hou my geboei
Dis met vreugde dat ek dink aan ‘n toekoms saam jou
Dis met genade dat ons ‘n lewe saam kan bou
So styf teen jou voel ek die opwinding deur my bruis
Ek kan nie wag om die rigting te gaan wat jy my wys
Heer, dankie vir ‘n wonderlike man wat U aan my geleen het

Posted in Gedigte.

Leave a Reply