vra en vir jou sal gegee word

Vra en vir jou sal gegee word

Wat ‘n wonderlike vers om weer raak te lees
‘n Teken dat ons nooit alleen sal wees
Die Here ken jou hart en weet wat jy benodig
Maar tog wil Hy hê dat jy moet besef wat jy benodig
Sodra ons stil word en God in vertroue neem
Sal ons gou nader aan Hom kom en nooit weer vervreem
Ons het elkeen ‘n persoonlike verhouding met God
Dit leer Hy vir ons in Sy liefdesverbond
‘n Ander kan nie namens jou vra wat jy nodig het
Hoewel ‘n ander saam met jou kan bid of jy op ‘n ander s’n kan let Heer, dankie dat U ons so lief het en dit elke dag wys
Dankie dat ons U kan vra om die donker wolke te laat wyk
Heer, leer ons om met U te gesels want U is ons Vader
Dankie dat ons in gebed tot U kan nader
Heer, dankie dat U ons elke dag in U liefde toevou
Dankie dat U ons gee wat ons vra wat ons naby U sal hou
Soms vra ons dinge wat ons dink ons moet hê
Net om te vind ons kry net dit wat ons in U Hand sal laat lê Vergewe ons dat ons soms vra wat sleg is vir ons
Jammer dat ons soms perspektief verloor
Heer, ek het U lief want ek is U kind
Heer, ek hoor U stem in die ritseling van die wind

Posted in Gedigte.

Leave a Reply