Voorbidding

Heer, ek bid vir diegene wat U aangestel het om vir ons land te bid. Ek sien hoe word hulle uitgemoor,
ons stryd op aarde word in die gees gestry
die vyand dring tot diep in ons siel:
saai twyfel en haat om ons van U te beroof
Heer, dankie dat U Jesus mens laat word het
Heer, dankie dat Hy Sy taak op aarde volbring het,
ten spyte van die vyand se poging om Hom te verneder
Jesus het ook al die rede gehad om Sy vyand te haat,
maar het in liefde U opdrag uitgevoer.
Heer, laat U wonderwerke weer geloof en hoop ons gebroke harte heel. Vul ons voorbidders met hernude krag om vir ons land te bid. Heer, die ware vyand is satan want hy maak ons blind vir U liefde vir ons. Hy laat ons glo alles is verlore:
Heer, U is steeds besig om ons te red,
U is steeds ons enigste Verlosser in Christus,
Heer, U Gees woon steeds in ons.
Laat ons gebede weer gefokus raak om vir U verlossing van elke mens, want haat dryf ons fokus ten gunste van die vyand,
haat maak ons doof vir U stem dan kan ons U nie volg in hierdie skemer tye. Heer, maak ons oë oop om valse profete raak te sien.
Heer, U genade is genoeg vir ons.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply