Voor U grootheid

Dis wanneer ek ingedagte oor die natuur uitkyk dat dit my opval. Die skoonheid, die gehoorsaamheid, alles wat so perfek inpas. Die kleure wat mekaar aanvul en invloei tot ‘n meesterstuk.
Wanneer die skildery sy toppunt bereik raak die natuur stil. Alles en almal hou hul asem op.
Vasgevang in die wonder oomblik.
Die dag diere raak stil om dankie te sĂȘ.
Die nag diere vra vir beskerming en kos.
Dankbaar vir nog ‘n geleentheid om U te loof en prys.
Heer, ek bid vir U aanraking in hierdie stille oomblik.
Maak my hart dankbaar en laat my siel juig.
Heer, ek het soveel rede om van U genade te getuig.
Laat my terugkeer na hierdie heilige oomblik wanneer ek moedeloos raak. Heer, laat my elke dag ‘n oomblik van hierdie wonder voel.
Heer, leer my siel om my gedagtes tot stilte te dwing.
Heer, laat my rus vind in U omarming.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply