Voor U almag

Voor U almag

In die stilte van die nag hoor ek steeds die storm van die dag.
Al is die hemelruim helder verlig deur die sterre, broei die donderwolke oor my.
Mense lag vrolik om my, onbewus van die trane in my.
Magteloos moet ek toekyk hoe jy alleen jou kruis moet dra.
My geringe pogings, stil gebede sonder dade.
Geen geld kan ‘n verskil maak aan jou toekoms.
Net stil gebede, nat oë, magtelose gevoelens.
Maar in God en deur God kan ons steeds staande bly.
In Sy Almag kan ons in vrede elke dag aangaan.
Heer, U ken die toekoms.
Omvou my geliefde in U genade.
Lê die regte woorde in my mond om te sê.
Maak my geduldig om te antwoord of oordeel.
Maak my opreg teenoor my vriende.
Heer, voor U almag is ek klein en gering.
En tog, ook vir my, het U genade gebring.
My woorde klink so stomp, maar vir U is dit ‘n loflied.
My probleme voel soos die hoogste berg, vir U is dit ‘n kleine klippie.
Deur ons geloof in Jesus Christus is ons tot alles instaat.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply