Voel jy alleen

Voel jy soms verlate en eensaam ?
Wonder jy soms wat beteken jou naam ?
Voel jy, jy praat teen die mure vas ?
Want niemand hou jou hand vas.
Voel die Heer se aanraking wanneer die reen sag op jou val.
Voel Sy liefde wanneer ‘n vreemdeling iets vir jou doen.
Weet God is naby jou elke tree wat jy stap.
Moenie dink jy het te veel sonde.
Jesus het klaar vir jou gesterf en weer opgestaan.
Sodat jy in vrede op jou weg kan gaan.
Wees gereed vir wanneer die Here kom.
Want Sy koms is nader as wat jy dink.
En Sy belofte is om jou teen Sy bors te druk.
God is nie ‘n mens, daarom kan jy op Hom staatmaak.
God gaan nie terug op Sy Woord, daarom kan jy Hom vertrou.
God is almagtig, daarom is geen probleem te groot.
God is Ewig so Hy was van die begin af en sal vir Ewig wees. Heer, ons loof U heilige Naam
En ons prys U tot in Ewigheid.

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Baie dankie vir die mooi versies, so baie het soveel betekenis op my eie lewe, ek self ‘dig’ ook maar op my manier….

    Die pad lê vol klippies
    Die pad lê vol spore
    Loop maar net liggies
    Anders raak alles verlore

    Soms wonder mens weer
    Wat in die lewe jou keer
    Om soveel te kan leer
    Maar dan kry mens so seer

    Soos die son verskyn
    so sal die maan verdwyn
    ‘N nuwe dag
    miskien kan ek vir ‘n slag weer lag
    Maar dan waai die wolke voor die son
    En swaai my emosies net so om

    Ek wonder waar lei die pad
    Sonder dat dit als weg vat
    Tog is daar soveel en meer
    As net die pyn en die seer

    Ja die lig sal tog weer skyn
    En dan sal jou kommer verdwyn

    Daarom moet ek verklaar
    Die pad wat ek loop hier en daar
    Dis die pad van Lief en Leed

    Maar dis die lewenspad sowaar
    Sonder dat mens dit regtig weet
    Sal die HERE jou nooit vergeet.

    Elize Myburg – Du Plessis 10/9/2011

Leave a Reply