Vlug

Net soos Josef moes vlug met Jesus na Sy geboorte, so moet ons ook. Heer, lei ons weg van die wat ons versoek.
Vat ons weg uit die omstandighede wat ons vasdruk.
Heer, U ken ons as mens.
U weet dat ons soms bang is om te vlug.
Ons gedagtes maak ons deur mekaar.
Die twyfel oor wat van ons gaan word.
Soms dink ons ons gaan nie oorleef daarsonder.
Soms dink ons wat gaan van die ander persoon word.
Heer, stil ons vrese en maak ons gereed vir die reis.
U weet Heer, dat die duiwel ons baie dinge wil wys maak.
Maar U is sterker.
Heer, lei ons in die nuwe jaar terug na U.
Omvou ons in U genade.
Heer, soms is die ontnugterring so groot.
Soms staar ons, ons blink aan die hede en sien nie die langtermyn skade. Heer, U ken ons krag en tot waar ons kan gaan.
Neem asb oor voordat ons onverskillig raak.
Heer, dankie vir U vergifnes.
Dankie dat U ons altyd terug verwelkom.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply