Vlinder

Vlinder

Soos ‘n wit vlinder wat van blom na blom vlieg
Op soek na ‘n ietsie soet om van binne te versterk
Dwaal ons ook opsoek na grashalms tot ons binneste beperk
Soms is ons gelukkig en kry ons iemand teenoor wie ons kan bieg
En soms vlieg ons maar net te ver en verdwaal ons maar weer
Uit duisende miljoene mense lyk ons ook op ‘n afstand die selde
Soos ‘n speldekussing vol gekleurde spelde
So is ons ook maar in die Skepper se hand om ander aan mekaar te hou
Op die einde is ons doel die selfde
Om in te staan vir ‘n ander se helfde
Aan mekaar gevleg soos ‘n mandjie om kos vir die wat honger is te bring
En om ‘n oorwinnings lied teenoor ons God te sing
Soos ‘n vlinder is ons opsoek na ‘n blom om ons dors te les
Al is die wind sterk en son warm probeer ons maar net ons bes
Met ‘n glimlag hier en grappie daar gaan ons deur die lewe
En iewers langs die pad vergeet ons soms waarna ons strewe
Met ‘n maning hier en hou op die boud kry ons maar weer die pad terug
En voel heel verlig, ontslae van die halsband wat ons wurg
Wees vandag die vlinder wat ‘n glimlag aan iemand anders bring
Wees jy die rede waarom iemand vanoggend ‘n loflied kan sing
Posted in Gedigte.

Leave a Reply