Vlinder

Huiwerig tree sy nader,
haar eerste tree die onbekende in
‘n deel van haar siel wil vry wees
smagtend na vryheid van haar uiterlike,
stadige bewegings sny deur elke spier
Somige bewegings steeds rukkerig
nou en dan voel sy die wind deur haar hare speel
die bewegings kom van diep binne die donkerte om haar
die lig verblind haar soos dit deur die gapings flits
musiek trek haar nader aan die muur voor haar
sy voel die klank wat haar lyf vul
elke spiertjie wil sy eie bewegings maak
hulle wil vry wees om ‘n eenheid in die dans te vorm
opwinding skiet deur haar opstandige liggaam
geduldig sal hulle moet leer om saam te werk
Elkeen op maat van die musiek
elkeen verbind: moet leer om te laat los
elke spier los van sy maat en tog moet hulle steeds een passie doen Bo lyf moet wag vir heupe om hul dans te doen
en dan staan heupe weer in bewondering stil
vloeiend ontmoet hulle weer in die middel
Die dans wat almal in vervoering het:
belly dance
saam met die musiek word jy ingetrek na daar waar haar siel vry is saam word jy weggevoer na ‘n w√™reld waar, selfs jy vry kan wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply