Vir julle

Ek is julle God en julle is My volk
Aan julle is ‘n opdrag gegee om uit te reik na ander nasies en hulle My Waarheid te verkondig. Aan julle is die keuse gegee om My te dien en volg.
Die pad is nie altyd maklik nie
maar Ek is altyd by julle.
My genade en liefde sal julle altyd dra
Al voel dit of Ek jou verlaat of verstoot het
al druk jou laste swaar op jou gemoed
volhard in gebed en vra in geloof
Ek het die versoeking beleef
Ek het die magteloosheid gevoel
By die Kruis uitgeroep :”My God, My God, waarom het U My verlaat?”
Daarom My geliefde kind, het Ek opgestaan vanuit die dode om vir jou die kans te gee om ook te lewe. Al lag ander vir jou, al dink hulle jou geloof is nietig.
Met jou gebed kan jy ‘n ander se lewe aanraak
met jou geloof kan jy ‘n ander se pad verander
Volhard in die gebed want Ek is reeds besig op jou huis voorteberei Ek is reeds besig om My planne vir jou in werking te stel
Jy is Myne want Ek het jou gekies
jy kan My opdargte uitvoer want Ek werk deur jou
Ek is jou God en jy is My geliefde kind
Gaan dus nou in vrede en doen wat Ek jou gee om te doen.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply