Vir Ewig

Ek kan verstaan as jy in My twyfel,
Ek sien die koerant berigte, en voel jou pyn.
“Hoe kan ‘n God van liefde dit toelaat ?”
“My God, my God waarom het U my verlaat ?”
Moord, verkragting, molestering, egskeiding
Oor die wêreld lê die tekens van die Eindtyd.
Maar wees nie bevrees, want al hierdie dinge is voorspel.
My liefde word bewys in elke asemteug wat jy neem.
Elke kinderlag, elke glimlag van ‘n vreemdeling.
Vandag toe daardie voertuig jou net gemis het, was dit deel van My wonderdaad vir jou. Niks kan jou skei van My liefde, allemins die dood.
Fokus op jou gawes wat Ek jou gegee het.
Fokus op die eindprojek.
Werf nog siele vir My deur jou geloof toe te pas.
Vertrou op My, want Ek ken die tyd.
Wees nie bevrees in hierdie dae, want Ek sal jou by My kudde tel. Die tyd van Rekening stap elke dag nader, en die werk is baie. Volhard in die gebed, want dit trek ‘n laer om My kudde.
Volhard in die gebed want dit bring meer siele.
Bid vir jou vyand want hy het dit nodig.
Bid vir jouself want Ek het jou nodig.
Wees nie bang vir die tyd wat voorlê.
Ek het reeds jou naam in My handpalm geskryf.
Ek is die God van Dawid.
Ek is die God van liefde.
Ek is vir Ewig.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply