Verwese

Stil kyk ek weg, ander pad, terwyl jy verby stap,
dalk sien jy die pyn in my oë.
Ek wens jy wil met my praat, maar ek sal nie kan antwoord nie, dalk hoor jy die bewing in my stem,
of dalk babbel ek aan mekaar.
My oë kyk ver terug in my siel,
ek onthou weer daardie verwese gevoel.
Ek onthou weer die dag in jou leë sitkamer.
Sonder ‘n laaste groet het jy net verdwyn.
Geen stukkie papier gelos met ‘n groet.
Verwese het ek rond gekyk, gedwaal deur die groot huis opsoek na jou. Maar dis leeg en sonder jou soos my siel.
Verwese staan ek met my rug teen die muur.
Om jou nou weer te sien…
So vrolik en gelukkig…
Is dit moontlik?
Jy staan so naby my
jou oë bewonder my steeds.
Jou hande, strelend oor my wang,
jou lyf so naby myne,
Wat sou dit beteken?
Gaan jy my alleen los?
leeg soos jou groot huis?
Vir nou sal ek weer aan jou oor knibbel
My hand liggies deur jou hare vryf.
Vir nou sal ek net wegsink in jou arms.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply