Verstom

Weereens staan ek verstom voor U, my God.
Tenvolle bewus van my onvermoeƫ.
Bewus van my eie swakhede.
Heer, en tog het U my lief.
Steeds was ek belangrik genoeg dat U my deel maak van U skepping. Verstom kyk ek terug vandag en sien dat U altyd daar was.
Wanneer ek geval het, het U waak gehou oor my.
Wanneer my oƫ blind was om te sien het U ingegryp.
Heer, die kere wat my siel diep weggekruip het,
Was dit by U wat ek kon skuiling vind. My Vader, met liefde volle werkings, het U my aangeraak. My God, met U magtige hand het U die vyand van my weggeklap. My Heiland, in stem en taal wat ek verstaan, het U my leiding kom gee. My Jesus, as my vriend het U langs my kom staan en gevoel wat ek voel. Heer, ek staan verstom voor U almag. U genade en liefde sal my altyd dra.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply