Verstom

Weereens Heer, staan ek verstom oor U werke in ons lewe
vanuit ‘n onverwagte rigting stuur U boodskap na my
Op ‘n sonstraal kom U liefde oor my lewe gestuur
‘n Sagte handruk van ‘n ou vriendin op my skouer
Die glimlag van vuilbekkie gelukkig kindergesiggie
Heer, elke dag bring ‘n nuwe geleentheid om saam met U te stap elke oomblik het ons ‘n keuse of ons wil huil of lag.
Heer, ek vra U aanraking vir elkeen wat hier lees
ek bid dat hul sal berusting vind in elke gebeurtenis
Heer, om in U voetspore te trap is ‘n groot taak
maar U genade lig ons hoog
U liefde heel ons van binne
Weereens Heer, staan ek verstom oor U werke
Weereens Heer, kom leer U my opnuut om geduldig op U antwoord te wag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply