Versoening

Heer, op my knieë voor U, staan ek vandag:
my skouers hang swaar onder die laste wat ek dra
klein sakkies hartseer oor wat ander aan my gedoen het
en klein sakkies vol seer waarvoor ek by ander moet gaan verskoning maak Heer, help my om eers myself te vergewe
leer my om weer op te kyk met trots
want ek behoort aan U.
Heer, soveel seer lê agter ons
nuwe wonde word daagliks weer gekerf.
Vandag bid ek egter vir versoening
Heer, sonder U genade kan ons nie aan beweeg,
ons kan nie ‘n ander vergewe voor ons nie ons self vergewe. Heer, leer ons om waarlik vrede te hê. Vrede met wie ons is
vrede met die mense in ons lewe
Heer, dankie dat U Jesus gestuur het as mens, sodat ons ‘n persoonlike verhouding met U mag geniet. Heer, mag alle leiers van ons land in ‘n persoonlike verhouding met U wees, eers dan Heer, sal hier vrede en versoening in ons land wees.
Mag elkeen wat hier lees, vandag vir ‘n oomblik stil word en ware vrede vind in U.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply