Verskuil in die punt van my hart is jy.

Verskuil in die punt van my hart is jy.
Toegevou in sagte watte van onthou.
‘N jong seunshart verberg vir ander om te sien.
Wanneer ek alleen op die kranse van my lewe staan,
Is dit jou naam wat deur die valleie ego.
Wanneer die bootjie in die stroomversnelling af dobber,
Is dit jou mooi gesiggie wat my lewensgordel is.
Noudat ek jou weer ondek het,
kom al die drome van my kleintyd weer by my op.
Ek glimlag weer wanneer die onthou deur my are vloei.
Maar die keer, my lief, die keer is ‘n tweede kans
Ek wil jou skilder op elke dag se skoon blad.
Ek wil jou hand vat en deur die bosse stap.
Ek wil jou naam, sag in jou oor fluister.
Ek wil in jou oë kyk want jy ontvoer my na ‘n veilige plek. Laat my toe om ‘n veilige vesting vir jou te wees. Laat my toe om vir jou die woorde te sê wat ek al solank moes terug hou. Kom stap saam my ‘n entjie op hierdie nuwe ou bekende pad.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply