Verskeur

Verskeur. In splinters gespat. Onherstelbaar verbreek. Die beeld in die spieël lyk verward. Waarom sal jy so lyk ? Wie se mes het jou so oop gekloof ? Met my hand wil ek jou aanraak. Maar die diep snye in jou siel laat my aarsel. Ek wil jou teen my bors druk. Maar die kneusplekke op jou wese laat my terug staan. Ek wil iets sê maar ander se leuens het jou doof gemaak. My trane loop vrylik oor my wang. Ek voel die leweloosheid wat in jou siel kom bly het. Die murasie wat om jou gebou is wys die koue wat in jou bene rus. En wens ek kon jou weer warm maak. Ek wens ek kon jou die lewe wys. Ek wil jou hand vat en jou weer op help. Ek wil die rede wees waarom jy weer kan glimlag. Die trane agter jou dooie oë wil ek laat glinster en skitter. Ek wil optel en vertroetel. Maar al wat ek kan doen is om vir jou te bid.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply