Verlangend na jou

My hande, soekend na jou lyf, vryf oor my eie skouers. Die blare speel-speel hulle pad oop tot by my kaal voete. Ek dink weer aan jou vandag. Ek wonder of jou oë, ook niks siende, oor die landskap dwaal. Verlangend rus my rug teen die boomstam. My gedagtes, nie hier waar die sonstrale my nie eens kan verwarm. Ek wonder of jy ook terug dink, hunkerend na dit wat so special was. Voel jy nog my hand op jou wang? Hoor jy nog my woorde in die stille nag hang? My siel dwaal in die toegroei paadjies. My voetval, stadig en stram, my hare ongekam. Ek probeer die trane met ‘n bakhand keer, maar my gedagtes draai om jou… Weer en weer In die laatnag kom speel jou wese voor my deur, en laat my steier, al probeer ek voerentoe beur. My woorde tol al om jou. My gedagtes, waaraan ek klou. Dalk sal more ‘n beter dag wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply