Verlange

Ek onthou hoe jy as kind so hard probeer het.
Die manier waarop jou neusie geplooi het.
Ek verlang na die tyd toe jy met alles na My toe kon kom.
Ek hou nog steeds jou hand,
Elke aand waak Ek voor jou bed.
Waarom het jy van My vergeet ?
Waarom soek jy jou geluk in ‘n bottel ?
Waarom dink jy dis beter om My uit jou gedagtes te stoot ?
Kom sit weer hier langs My, soos vantevoor.
As jy luister na die aanwind sal jy My vertroosting hoor.
Ek verlang na jou vrolike lag.
So baie wonderlike dinge beplan Ek vir jou elke dag.
Kom plaas weer jou vertroue in My.
Presies het Ek jou gevorm, tot My eer.
Versigtig het Ek oor jou talente besluit.
Jou verlange is eintlik My verlange.
Jou pyn is ook My pyn.
Kom terug na My toe.
Kom rus jou kop ‘n oomblik op My skouer.
Kom drink uit My fontein.
Ek verlang na jou, My kind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply