verjaardag wense

Verjaardag

Al gesels ons net soms is jy my vriendin
En ‘n deel van jou gee aan my lewe sin
Op hierdie dag herdenk jy die dag waarop jy die lug kon inasem ‘n teken dat God oor jou sal waak
So al raak jy soms bang as jy dink oor ‘n ernstige saak
Onthou God sal jou omvou al lyk dit of die ruite op wasem
Mag jy Sy liefde ervaar in elke tree wat jy gee
Hou jou oë gefokus na voor op jou weë
Voel Sy aanraking in ‘n vriend se hand na jou gestrek
Hoor Sy liefdeswoorde in elke privaat gesprek
Sien Sy wonderdade in elke opdrag wat jy uitvoer
Glo in Sy belofte met elke dag se sonstraal wat vir jou loer Spreek van Sy nabyheid in elke woord wat jy sê
En jy sal alles kry wat jy vir die dag nodig mag hê
Mag jy woorde kry wat sag is om na te luister
Mag jou stem sag en liefdevol wees soos ‘n fluister
Mag jou oë net die mooi dinge raak sien
Mag jou hande handel was bewys dat jy God dien
Mag jou voete loop op die pad soos deur Jesus vir ons gewys
Mag jou gedagtes jou vul om Sy liefde aan jou te bewys
Mag jou lewenswyse spreek van die Heilige Gees se werking in jou

Posted in Gedigte.

2 Comments

Leave a Reply