Vergete

Jy weet Ek het jou nog nooit vergeet.
Al lyk jou omstandighede so hopeloos.
Al voel dit vir jou, almal het jou verlaat.
Ek weet soms lyk dit of Ek jou eenkant in ‘n hoek gegooi het. Onthou net altyd, die groot geveg is nie teen vlees en bloed. Die vyand dink hy kan jou oorwin.
Maar hy’s verkeerd.
Hy wil jou onderdruk.
Jou in My liefde vir jou laat twyfel.
Staan vas in jou geloof.
Bly bid en glo.
Jy is ‘n Koningskind en sal altyd wees.
Jy is nie vergete My kind.
Die tyd is nader as wat die mensekind verwag.
Wees gereed vir daardie oomblik wanneer Ek jou kom haal.
Luister na My stem deur die geraas om jou.
Raak rustig en vra My hulp.
Die lewe op aarde is moeilik.
Die bose sluip rond en maak jag op jou.
Slaap rustig want Ek waak oor jou.
Leef jou drome uit want Ek het jou talente gegee.
Raak stil My kind.
Bid vir die wat My glad nie ken.
Want die boosheid in hulle vernietig My geliefdes.
Bid vir siel van die ongelowige want hul einde is die Ewige vuur. Maar jy, My geliefde, sal se├źn ontvang en die Ewigeheid saam met My.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply