Verborge

Jou toekoms weerhou Ek van jou
sodat jy op My kan steun en vertrou
Kyk, Ek stuur vir jou ‘n lantern om die donkerte om jou te verlig luister na die woorde van goeie raad wat soms op jou pad kom Ek hou jou teen My bors sodat jy nie kan sien waarteen Ek jou beskerm Wanneer jou voetval begin kronkel deur die woestyn
bring Ek jou tot by ‘n oase waar jy jou waterkan tot bo kan vul
Wanneer die son te warm op jou skyn stuur Ek ‘n wolkemassa wat re├źn bring om jou af te koel My geliefde kind, jy is so Kosbaar vir My;
jou seer en pyn gaan nie ongesiens by my verby
soms is jou keuses so teenstrydig met wat Ek jou leer
maar Ek staan soms eenkant toe om jou daaruit te laat leer
Neem die hand wat Ek jou bied
staan nader aan My
vertrou die gedagtes wat Ek in jou binneste plaas
jou gees is een met My Gees
jou siel smag na die liefde wat Ek vir jou voel
Wees dus nie bevrees vir nag want Ek is reeds daar
Wees dus nie bevrees vir die nuwe dinge want Ek het reeds vir jou plan voorberei

Posted in Gedigte.

Leave a Reply