Verbitter

Heer, in hierdie donkerte om my het ek geen rigting.
My siel skree U naam maar ek is doof.
Soos ‘n tienpond hammer kap my siel aan die muur om my.
My rou gekrapte hande strek uit na U o God.
Maar ek hoor nie U sagte trooswoorde bo my eie geroggel.
Ek voel nie U warm hande om my geboë skouers.
Heer, ek soek na ‘n teken van U nabyheid,
Maar met my gesig teen U bors sien ek niks.
Heer, net U kan my wange droog maak.
Net U, my getroue Vader, verstaan hierdie pyn in my.
Heer, my siel lê in die stof van my verlede,
verstil deur my harde woorde van my onverskilligheid.
Net ‘n oomblik vra ek U om my pyn draagliker te maak.
Net ‘n oomblik Heer, waarin ek normaal kan asem haal.
Ander verstaan hierdie trek op my gesig as ‘n glimlag,
Maar U weet Heer…
Laat hierdie swart om my ten minste net grys word Heer.
My liggaam is so seer van al die rou snikke.
Heer, ek wil nie meer dood wees.
Ek wil lewe in U skadu, want daar is ek veilig.
Heer, dankie dat U my seer verstaan.
Dankie dat U my siel kom red het uit my gevrommelde wese.
Heer, my siel is vry by U.
My siel jubel oor U genade.
By U sal die grys ‘n helder sonskyn dag word.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply