Veilig toe gevou

Die kroonblare van ‘n blom is sorgvuldig om die blom gevou. Die mooi kleur daarvan versier die natuur rondom.
Die soet geur trek sekere goggas en voëls wat hy nodig het vir oorlewing. Aangepas vir sy onmiddelikke omgewing.
Net die regte hoogte.
So is jy.
Sorgvuldig word jy geseën met klein dingetjies.
Jy word omring deur mense wat omgee.
Omstandighede word aangepas. Al voel jy soms moedeloos.
Al voel jy soms afgemat en vaal.
Soms dink jy jy staan alleen. Maar ek sal altyd daar wees vir jou. Weet dat jy veilig toe gevou is in ons vriendskap.
Weet dat jou naam altyd genoem word in my gebede.
Voel die hitte van my sonstrale om jou te verwarm.
Voel die krag van my liefde deur jou are.
Raak rustig en vertrou op God. Sy Vaderliefde sal jou omvou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply