Vasgepen deur sonde

Met my oë vasgepen in jou grynslag,
weet ek nie wat om te verwag na die slag.
My ledemate, bewend, bewegingloos.
Malende gedagtes, niksseggende woorde, troosteloos.
Jou woorde, leë beloftes, sagmakend, pynlike pyndoder.
Vasgepen binne die vryheid van jou doolhof.
Om en om, oor en oor, weer en weer.
Opwinding wat my niks in die sak bring.
Vermorsing van kosbare kleinode.
Bymekaar gemaak as nog vet op die vuur.
‘n Sagte blik om my nouer in jou web te span.
‘n Galgtou vir my nek, nog ‘n verspeelde uur.
‘n Kruispad, twee spore in verskillende rigtings.
Binne die vryheid van jou doolhof.
Vasgepen in die bekendheid van jou onverkende.
Die sleutel van my boeie net onbereikbaar…
Dalk net nodig om my skouers en kop te lig
vasgepen in jou bekende, sagmakende greep,
hoe fyn, die afgebakende streep.
Heer, hoor die hulpkreet in my stilte.
Breek die kloue wat my verblind teen U liefde.
Heer, maak deure oop wat na ware vryheid lei.
Bring die sonskyn wat die uitkoms verlig.
Pen my nikssiende oë vas op U Almag.
Bring warmte in ‘n veraste hart,
maak los die voete wat tot by die knieë in dryfsand trap.
Heer, in U vind ons ware vertroosting.
Na waters van rus bring U ons,
met liefde word ons koorsagtige voorkop afgespons.
Heer, U skeur ons los uit die dood se kloue.
U omvou ons, weg van die winterkoue.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply